Frans-Baskeland

Die Franse deel van Baskeland

Frans-Baskeland (Frans: Pays Basque Français; Baskies: Iparralde, letterlik: Noordekant) is die deel van Baskeland wat in Frankryk lê. Die maak deel uit van die département Pyrénées-Atlantiques. 'n Ander benaming vir die gebied is Noord-Baskeland. Sedert 1 Januarie 2017 vorm dit die Baskiese Munisipale Gemeenskap (Frans: Communauté d'Agglomeration du Pays Basque), onder voorsitterskap van Jean-René Etchegaray.[1][2]

Die Baskiese Munisipale Gemeenskap sluit drie historiese Franse provinsies in die noord-ooste van tradisionele Baskeland in: Neder-Navarra (Frans: Basse-Navarre) - wat tot 1789 nominaal bekend gestaan het as die Koninkryk van Navarre, Labourd, en Soule. Die geskatte 309,723 inwoners van die Baskiese Munisipale Gemeenskap is versprei in 158 munisipaliteite.[3]

  1. "Abian da Euskal Elkargoa [The Basque Community kicks off]". EITB. 2 Januarie 2017. Besoek op 2 Februarie 2017.
  2. Sabathlé, Pierre (23 Januarie 2017). "Jean-René Etchegaray élu président de la communauté d'agglomération Pays basque". SudOuest. Besoek op 2 Februarie 2017.
  3. "Aujourd'hui, 10 intercommunalités en Pays Basque". Communauté Pays Basque. Communauté Pays Basque. 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2017. Besoek op 3 Februarie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search